Sunday, 30 August 2015

Week 6 - kritles met dosent

Hierdie week het afgeskop met my eerste les gekrit deur 'n dosent. Ek het alreeds verlede week besluit op wat ek gaan onderrig en dus was ek ruim voorbereid vir Maandag se les tydens periode twee.

Die leerders was ietwat tydens stil gedurende die les...'n vreemde verskynsel, veral siende dat hul baie geselserig was met die vorige lesse wat ek vir hulle aangebied het. Maar, na afloop van die les, het hulle my gou laat weet dat dit "baie vreemd is met die Oomie in die klas...". En omdat hulle so stil was, het dit swak reflekteer op my punt. Maak nie saak hoe opwindend my les was nie, is dit vir kinders vreemd, "awkward" en nogal "weird" as daar ewe skielik hierdie vreemdeling binne hul leeromgewing is. Dit maak die hele proses taamlik kunsmatig. Daar is soveel elemente wat ingebring moet word volgens die rubriek, maar die tyd is so min om als gedoen te kry. Dit is nie so aangeplak as mens werklik in die onderwyssisteem is nie. Maar nietemin, die lesaanbieding was pret en die leerders het dit tog geniet. Ek het nie die punt gekry wat ek verwag het nie, maar aan die einde van die dag was dit net vir my belangrik dat ek en die leerders dit saam geniet.

Die res van die week is vinnig verby. Ek het talle praktiese Dramaklasse aangebied - en dit geniet ek altyd baie. Daar was weereens 'n paar klasse waar ek moes toesig hou, maar die keer het ek probeer om die leerders beter te leer ken. Ek het met die matrikulante gesels oor volgende jaar se planne; met Gr.11'e het ons gepraat oor verantwoordelikheid neem in terme van huiswerk voltooi en altyd vooruitstrewend probeer wees in alles wat hulle doen. Ek besef elke dag watter groot impak 'n onderwyser het op 'n kind se lewe. En dit is werklik 'n spesiale eer om hierdie boompies te buig terwyl hulle nog jonk is.

Sien uit na week 7...die tyd raak nou min. 

3 comments:

  1. Lesson observations/critique are not always easy to accept especially when you feel you have work hard to deliver your best however what matters most is how you felt about the delivery and interaction with the learners. Take the positives and build on that. Best wishes ahead.

    ReplyDelete
  2. Ek het altwee my krit lesse al aangebied en het ook met my eerste les die gevoel gekry leerders is stiller omdat daar 'n oompie in die klas is. So met my tweede krit les het ek baie maklike vrae vir die leerders gevrae en gereeeld ook sodat ek myself op my gemak kon kry en ook die leerders. Maar my tweede les fisiese wetenskappe en dis nogal maklik om leerders vinnig te betrek met die les soos om vir hulle voorbeelde en vrae te vra oor konsepte in die werklikheid. Het jy 'n afrikaanse of drama les aangebied? Sterkte met jou week

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit was 'n Afrikaanse les - het 'n gedig aangebied. Ek het telke male opinies en vrae gevra, maar hulle was maar afgeskrik deur die dosent.
      Ek is glad nie bekommerd oor my Dramaklas nie, want daar is meeste van die lesse prakties en leerders geniet hulle gate uit.

      Delete