Week 4
was heelwat genotvol. Ek het ‘n handjievol lesse aangebied en is op datum. Maar
toe ek hoor ander studente is alreeds op hul twaalfde les, toe is ek ietwat
onkant gegooi. Maar ek het gou genoeg besef dat elkeen sy eie unieke pad volg met
hierdie proeftydperk, en my pad behels nie om op hierdie stadium alreeds op les
11 te wees nie.
Ek het
drie Afrikaanse lesse aangebied hierdie week. Letterkunde maak deel uit van my
drama passie, dus is dit vir my lekker om lesse aan te bied oor die
letterkunde. Hierdie week het ek voorgeskrewe gedigte aangebied vir Graad 11 en
12. Snaaks genoeg is die Graad 11-groep se gedigte soveel moeiliker as die van
die matrikulante. Ek het baie gesukkel met die aanbied van D.J. Opperman se Vincent van Gogh. Dit is ‘n gedig wat ‘n
onderwyser telkemale sal moet aanbied voordat mens werklik die crux daarvan kan
verstaan. Ek het hierdie gedig gekies as ‘n uitdaging, maar het dit werklik
moeilik gevind om dit op so ‘n wyse aan te bied dat die leerders dit toeganglik
kon vind. Dit het my dus twee periodes geneem om aan te bied. Ek glo as ek meer
tyd gehad het om myself te vergewis met die analisering van die gedig, sou dit
ietwat makliker gewees het.
Die
ander gedig, Expensive ekstratjie,
was weer baie lekker om aan te bied! Dit was ‘n aangename klas wat lekker saam
gesels het oor die beelde wat die digter skep. Ek sien uit daarna om weer vir
hulle klas te gee. Die matrikulante was net so ‘n aangename ervaring. Ek het al
gehoor dat ‘n hele paar proefstudente ietwat skrikerig is om met die
matrikulante te werk óf dat die onderwysers nie altyd vir ons die geleentheid
sal bied om met die matrikulante te werk nie. Maar ek was baie gelukkig om nou
al vir die tweede keer met die matrikulante te werk en wat ‘n fees is hulle
nie! Intelligente gesprekke word gevoer en hulle vind aanklank by iemand wat in
‘n wêreld is wat hulle binnekort gaan betree. In hierdie oomblikke besef ek
maar net weer hoeveel impak ‘n onderwyser op ‘n leerder kan hê.
Ek het
dan ook ‘n Dramateorie-les aangebied. Dit is maar vir my altyd moeilik om
teorie aan te bied binne ‘n praktiesgedrewe vak. Hierdie was ‘n baie belangrike
deel van die Graad 11 module en ek het dit op so ‘n wyse aangebied dat dit vir
my en die leerders lekker was. Ek het besef dat hierdie klas lief is vir
praktiese voorbeelde, veral voorbeelde waarmee hulle kan vereenselwig. Dit maak
dit vir hulle maklik om die moeilike terme en konsepte te internaliseer en dit hul
eie te maak. Daarmee saam beplan ek ‘n spesifieke praktiese aktiwiteit waardeur
hul die teorie kan verpersoonlik en hul eie maak. Hierdie onderwerp van die les
het drie periodes geneem vir beide teorie en die praktiese komponent om af te handel.
Ek dink dit was plek-plek ietwat ‘n groot lading van informasie wat ek vir
hulle gegee het, maar die gebruik van praktiese voorbeelde het darem gehelp om
verligting te bring.
Donderdagaand
was die skool se Toneelaand. Drie tienertoneelstukke het opgevoer waarvan ek
twee gehelp het met die regie. In die kort tydjie wat ek gehelp het, het ek
regtig met die leerders ‘n pad gestap. Hulle was baie gretig om te leer hoe om ‘n
toneelstuk suksesvol op die planke te bring en het ene ore gestaan om kennis te
maak met die fyner kunsies van teater. Die ander proefstudente het ook die aand
bygewoon – dit was lekker dat ons mekaar kon geniet met ‘n geleentheid naskool.
Die
feit dat ons so baie moet toesig hou, pla my nogsteeds. As dit dalk nog in my
vakgebied was wat ek moes toesig hou, is dit verstaanbaar. Maar om toesig te
hou in die Tegniese Tekeninge vakgebied, is ietwat verrregaande. Ek glo die
proeftydperk is daar vir waarneming en lesaanbieding – daar word absoluut niks
geleer met toesighouding nie. Kosbare leergeleenthede word van my ontneem deur
gedurige onbenullige toesighouding – selfs voltydse onderwysers word
geirriteerd daarmee. Ek gaan in die vervolg ‘n maksimum van twee periodes
toesighou waarin ek maar gaan probeer werk voltooi.
Week 5
beloof om baie opwinding te bring met al die insterskole aktiwiteite. Daarmee saam
gaan die leerders ook weer min fokus toon as gevolg van hoë energie wat elders
gefokus word. Lesinhoud sal op ‘n baie interessante wyse aangebied moet word
vir leerders om informasie in te neem. Tog gaan dit ‘n ervaring wees waarvoor
ek uitsien!
As always you are actively engaged with the learners and developments at your school……a good and positive attitude :)!. I’d like you to view covering/supervising other classes from a different viewpoint. Not all cover of other classes can be a waste of your time, you could use this to get to know other classes better, alternately it is here where you can engage with leaners and get an insight into their school/home life. By doing something constructive it will also help the time pass quicker. You are an innovative person, use that to your advantage.
ReplyDeleteWhile the reasons for covering another class may not always be clear it could be that on another occasion your classes may need to be supervised when you are away for whatsoever reason. It may be difficult for now but see it as an opportunity rather than an inconvenience. Best wishes.
All the best for the new week!
ReplyDeleteI can relate to your Frustrations, with covering Classes... I think we all spend a very large part of our Time filling in for absent teachers (it has become the norm here), in subjects far removed from our field of 'expertise'. Some of them can be a headache, others - a delightful adventure... As Mr. Van Niekerk mentioned - try to see the 'positive' lesson in all of this and keep on being you - a Teacher the kids (and the staff?) enjoy having around...
ReplyDelete