Week
2, wat verby was in ‘n oogwink, was ook die week waarin ek die produktiefste
was! Twee kritlesse, een vir Drama (Gr.10 Fisiese Teater) en een vir Afrikaans
(Gr.8 Poësie), het albei baie goed gegaan. Ek het soveel pret gehad om met die
leerders te werk, veral die Gr.8’s! Die onderwys is werklik ‘n plek van goud
met die pragtigste en interessantste individue!
My
Afrikaanse les was groot pret! Ons het die bekende “Toemaar die donker man” van
Ingrid Jonker analiseer. Ek het tydens week een by hierdie klas ingesit en
hulle was taamlik ‘n energieke handvol, soos dit maar ‘n Gr.8 klas betaam. Maar
onmiddelik toe ek in daardie klas instap, was hulle doodstil – die beste gevoel
ooit! Met die verloop van die les het hulle ruim insiggewende opinies gelewer wat
my hart baie bly gemaak het. Selfs die seun wat “gedigte haat”, het na die tyd
vir my kom sê: “dit is ‘n baie mooi gedig, Juffrou”. Ek sal graag weer vir
hulle wil klas gee!
Die
Drama les was uitputtend, maar ek het baie genot daaruit geput! Dit was ‘n 80
minute les (dubbelperiode) waarin ek ‘n inleiding tot Fisiese Teater met die
Gr.10’e gedoen het. Ons het almal gemaklike swartklere dra om gemaklik te kon
rondbeweeg. Ek was aanvanklik ietwat senuweeagtig, want daar is ‘n dogter in
die klas wie se hand en arm nie ten volle ontwikkel is nie. Ek het probeer om
oefeninge uit te werk wat haar sal akkommodeer, maar dit was baie moeilik. Ek
is toe na die onderwyser om te vra wat staan my te doen: “sy het gevra da tons
haar hanteer soos enige ander leerder in die klas”. En so het ek geen spesiale
aktiwiteit ontwerp nie. Ek het met vertroue die klas betree en sommer geweet
dat sy elke aktiwiteit met oorgawe sou aanpak. So gebeur dit toe dat ons ‘n
aktiwiteit doen oor liggaamlike isolering en ek verduidelik dat hulle net met
een hand te werk. En tot my verbasing kies sy toe om met haar hand te werk wat
nie ontwikkel het nie! En dit was vir my die mooiste oomblik tot dusver in my
proeftydperk! Sy het selfs na die afloop van die les na my toe gekom en gesê
baie dankie vir ‘n baie lekker klas! Dit is sulke oomblik in die onderwys wat
dit uit en uit die moeite werd maak om tot laataan te sit met voobereiding!
Tesame
met my twee kritlesse, moes ek die ander Drama-onderwyser se klasse oorneem vir
drie dae. Hy moes gaan beoordeel in Springbok, maar het my nietemin werk gegee
wat ek moes doen met Gr.9, 11 en 12 klasse. Met die matrikulante het ek
praktiese werk gedoen, want hul finale praktiese eksamen vind oor drie weke
plaas. Die Gr.11’e doen Realisme teorie, en Gr.9 doen die verskeie elemente van
‘n toneelstuk. Almal was baie pret, maar dit was nogal uitputtend. Maar
Dramaklasse is dié plek waar ek absoluut in my element is! Selfs van my
mede-proefonderwysers het kom insit by hierdie klasse. Ek is ruim opgewonde vir
week drie!
Ek is
nogsteeds betrokke met die naskoolse toneel. Vrydag het ek letterlik twaalf ure
by die skool spandeer! Maar dit was vir my geen probleem, want ek doen presies
waarvoor ek lief is!
Ek
sien baie uit na week drie! Het ‘n paar kritlesse wat voorlê en die twee
toneelstukke voer op by ‘n fees. Die skool het ook Donderdag ‘n talentaand
waarvoor ek baie opgewonde is! Tot dusver is hierdie proeftydperk werklik ‘n
insiggewende en aangename ondervinding!
Another successful week for you. Your hard work is reaping rewards and this is validated by the student thanking you. Stay as positive as this experience has allowed you to be and things will become even more rewarding. Best wishes for week 3.
ReplyDeleteI would like to congratulate you on a successful learning experience, keep up the good work and all of the best with your lesson evaluations for this week.
ReplyDeleteSjoe, jy klink lekker besig en gelukkig, Robyn! Waardeer dit, klink my daar is baie mense wat die teenoorgestelde voel.
ReplyDeleteDit was 'n Fees om te lees...
ReplyDeleteDoe' soe' voorts, Juffrou RR!